top of page
bground.png

BOERKLONG

#nogaltyd #eg-Afrikaans #dradit

"My naam is Ewan Burger en ek is 15 jaar oud. Ek is in Gr. 10 aan die Paarl Gimnasium in die Paarl.

Van kleins af wou ek bitter graag my eie besigheid hê. 

My ma moes spesiaal 'n spookasem-masjien koop sodat ek spookasem aan verbygangers kon verkoop! 

Boerklong - nog altyd, is 'n droom wat bewaarheid is. Ons het vir baie lank gewonder watter besigheid ek kan begin wat gepas sal wees vir Suid-Afrikaners. En só is Boerklong gebore. 

Boerklong sê presies wat ek is... 'n eg-Afrikaanse boerklong wat drome het vir hierdie mooi land van ons en al sy jongmense. 

Gaan loer gerus na die produkte wat tans te koop is. Ek begin klein, maar sal mettertyd meer produkte inbring. 

Ons klere is van hoogstaande kwaliteit en word met die grootste sorg gedruk. 

 

Maak seker jy #dradit.

 

Wees #eg-Afrikaans, wees 'n #Boerklong!"

bottom of page